Graad 11 Afrikaans Huistaal: Kinnes deur Chase Rhys

Introduction

https://youtu.be/KzOj8-fwdTA

Graad 11                       Augustus 2021

In Suid-Afrika staar ons vele euwels in die gesig, bv. tienerswangerskaap, geweld, dwelmmisbruik ens. In die storie "Kinnes" sien ons hoe verhale van kinders se lewens op die Kaapse Vlakte vertel word. 

Chase Rhys kry dit reg om ’n snaakse, dog eerlike en menslike verhaal te vertel wat tot mense van verskillende areas van die lewe sal spreek. Die storie is nog meer belangrik omdat die kwessies eg is. Die werklikheid word op so ’n manier uitgebeeld dat ’n mens nie anders kan as om met die karakters te simpatiseer nie. “Ons kannie meer onse kinnes verloor nie …” sê Nicole, en dié woorde resoneer diep met wat in ons land aan die gebeur is. Te veel jongmense word slagoffers van ’n onregverdige bestel, en met Kinnes skyn Rhys lig daarop dat dinge nie langer so kan aanhou nie. Verandering is nodig!

Task

https://youtu.be/iI3kLDUYhlA

https://youtu.be/Pk7qy0e_YyI

Ons het reeds die novel gelees en bespreek. Nadat jy dit weer op jou eie gelees het en die temas identifiseer het en die aanhangesles gelees het, skryf dan 'n ARGUMENTERENDE OPSTEL waar jy jou mening/opinie gee. Jou mening moet deurgaans duidelik wees.Jy kan subjektief wees en jou definitiewe opinies moet gestel word. Jou eie mening moet gegee word op ’n baie en oorspronklike en treffende manier.

In jou opstel moet jy navorsing doen oor Chase Rhys, temas wat voorkom in die verhaal Kinnes, en euwels wat Suid-Afrikaans kinders veral op die Kaapse Vlakte in die gesig staar. 

Gee dan jou opinie oor die bogenoemde euwels en ook hoe ons dit kan voorkom.

 

https://www.litnet.co.za/kinnes-deur-chase-rhys-n-resensie/

https://www.suidkaapforum.com/News/Article/General/tienerswangerskap-n-eensame-stryd-20170711

https://www.litnet.co.za/nounet-mening-bendegeweld-op-die-kaapse-vlakte-n-humanitere-krisis/

Process

 

  1. Die studente sal na die aangehegde skakels gaan en gaan soek na die verwagte informasie wat hulle in hul opstel doen.

  2. Die studente sal dan die temas oor die verhaal "Kinnes" neer pen.

  3. Die student sal dan op hom/haar breinkaart verskillende idees neer pen oor wat hulle sal benodig vir hul opstel.

  4. The student sal dan 'n Microsoft Word dokument oopmaak en begin om hom/haar opstel te doen.

 

Evaluation

 

Afrikaans Huistaal Gr.11

Opstel 25

25

KODE 7

Uitmuntend

80 – 100%

KODE 6

Verdienstelik

70 – 79%

KODE 5

Beduidend

60 – 69%

KODE 4

Voldoende

50 – 59%

KODE 3

Matig

40 – 49%

KODE 2

Basies

30 – 39%

KODE 1

Ontoereikend

0 – 29%

 

12 – 15

10½ – 11½

9 – 10

7½ – 8½

6 – 7

4½ – 5½

0 – 4

INHOUD EN BEPLANNING

15 PUNTE

  • Uitgebreide, gespesialiseerde kennis van die vereistes van teks.
  • Gedissiplineerde skryfwerk, behou fokus, geen afwykings.
  • Inhoud en idees algeheel kohorent en hoogs uitgebreid; alle detail ondersteun die onderwerp.
  • Bewyse van beplanning en / of eerste poging: lei tot ‘n feitlik foutlose, gepaste aanbieding.
  • Formaat is hoogs geskik / uitmuntend.
  • Baie goeie kennis 

van formaat van

teks.

  • Gedissiplineerde

skryfwerk – behou

fokus, geen afwykings.

  • Inhoud en idees

algeheel koherent en uitgebreid; alle

detail ondersteun

onderwerp.

  • Bewyse van

beplanning en/of

eerste poging lei tot ‘n baie goed saamgestelde en 

gepaste aanbieding.

  • Nodige reëls vir

formaat van teks

baie goed toegepas;

verdienstelik

 

  • Redelike kennis van vereistes van teks.
  • Skryfwerk behou

fokus, geringe

afwykings.

  • Inhoud en idees

meestal koherent en uitgebreid; die

meeste detail ondersteun onderwerp.

  • Bewyse van

beplanning en/of

eerste poging lei tot goed saamgestelde

en gepaste aanbieding.

  • Nodige reëls vir

formaat van teks

toegepas; beduidend.

 

 

  • Voldoende kennis

van vereistes van

teks.

  • Skryfwerk wyk van

onderwerp af, maar dit belemmer nie

algehele betekenis nie.

  • Inhoud en idees voldoende koherent; sommige detail

ondersteun onderwerp.

  • Bewyse van

beplanning en / of

eerste poging lei tot bevredigende en gepaste aanbieding.

  • Vereistes van format voldoende toegepas.

 

  • Matige kennis van

vereistes van teks.

Respons op geskrewe teks toon beperkte fokus.

  • Skryfwerk wyk van

onderwerp af; betekenis plek-plek

vaag.

  • Idees en inhoud matig koherent,

sommige detail 

ondersteun wel die

onderwerp.

  • Bewyse van beplanning en / of eerste poging lei tot matige, gepaste en koherente aanbieding.
  • Het matige idee van formaat van teks; sommige kritiese

nalatige foute.

  • Elementêre kennis van vereistes van teks. Respons op

geskrewe teks toon

beperkte fokus.

  • Skryfwerk wyk van

onderwerp af;

betekenis plek-plek

onduidelik.

  • Inhoud en idees nie

altyd koherent; baie

min detail ondersteun onderwerp.

  • Onvoldoende vir

Huistaalvlak t.s.v.

beplanning en/of

eerste poging; swak

aanbieding.

  • Het vae idee van

formaat van teks;

kritiese, nalatige

foute; elementêr.

  • Geen kennis van

vereistes van teks. 

Respons op geskrewe

teks toon beperkte

fokus.

  • Skryfwerk wyk van

onderwerp af;

betekenis plek-plek onduidelik.

  • Inhoud en idees nie

koherent; baie min detail ondersteun

onderwerp.

  • Beplanning en/of

eerste poging

onvoldoende.

Swak aanbieding.

  • Formaat van teks nie toegepas; ontoereikend.

 

 

8 – 10

7 – 7½

6 – 6½

5 – 5½

4 – 4½

3 – 3½

0 – 2½

TAAL, STYL EN  REDIGERING

10 PUNTE

 

  • Grammatikaal 

akkuraat en briljant

saamgestel.

  • Woordeskat hoogs

geskik vir doel,

gehoor en opdrag (inhoud)

  • Styl, toon en register hoogs geskik.
  • Feitlik foutvry na

proeflees en

redigering.

  • Lengte korrek.
  • Grammatikaal

akkuraat en baie

goed saamgestel.

  • Woordeskat baie

geskik vir doel,

gehoor en

opdrag (inhoud)

  • Geskikte styl, toon

en register vir 

vereistes van teks.

  • Grootliks foutvry na proeflees en

redigering.

  • Lengte korrek.

 

  • Goed saamgestel en  lees maklik.
  • Woordeskat geskik

vir doel, gehoor en

inhoud.

  • Styl, toon en register meestal geskik.
  • Meestal foutvry na

proeflees en 

redigering.

  • Lengte korrek.

 

  • Samestelling

voldoende, foute

belemmer nie vloei van teks.

  • Woordeskat
  • voldoende vir doel, gehoor en inhoud.
  • Styl, toon en register  redelik geskik.
  • ’n Paar foute na

proeflees en

redigering.

  • Lengte amper

korrek.

 

  • Samestelling basies; 

verskeie foute.

  • Woordeskat beperk

en nie baie geskik vir

doel, gehoor en inhoud nie.

  • Styl, toon en register

pas nie altyd by onderwerp nie.

  • Verskeie foute na proeflees en redigering.
  • Lengte: te kort / lank.

 

  • Swak saamgestel en

moeilik om te volg.

  • Woordeskat benodig

remediëring en is nie

geskik vir doel,

gehoor en inhoud nie.

  • Styl, toon en register

nie geskik nie.

  • Besaai met foute na

proeflees en

redigering.

  • Lengte: te kort / lank.
  • Swak saamgestel en baie moeilik om te volg.
  • Woordeskat  benodig ernstige

remediëring en is nie geskik vir doel,

gehoor en inhoud

nie.

  • Styl, toon en register nie in ooreenstemming met onderwerp nie.
  • Besaai met foute na proeflees; verwar die leser.
  • Lengte is heeltemal

te kort / te lank.

Conclusion

Ten Slotte:

Nadat alle opstelle naagesien is, sal elke student 'n kort mondeling doen oor die euwels wat die jeug in Suid-Afrika in die gesig staar. Jou mondeling moet deur middel van 'n video wat minder as 2 minute lank is, opgelaai word.

 

Credits

Om jou punte te verbeter maak seker om jou werk te redigeer en deeglik deur te lees.

Vermy die gebruik van afkortings.

Klik op die skakel hieronder om te kyk hoe om 'n goeie opstel te skryf.

https://youtu.be/le4DAzp23YA

 

Teacher Page

Indien julle enige navrae het rondom hierdie taak, kan julle my skakel via WhatsApp 0826317472

Geniet hierdie uitdaging!

Vriendelike Groete

Juffrou J.L Stone